Thalassarche bulleri
Die witkroonalbatros word nou en dan gesien aan die Kaapse kus.
Dit is maklik om dié albatros te verwar met ander gryskop albatrosse. Dit is die opvallende wit kroon wat dit onderskei van ander albatrosse. Verder het dit ’n swart snawel met geel riwwe.

