Dié boek onthul dat PW Botha reeds in 1984, te midde van die Totale Aanslag, in die geheim opdrag sou gee dat sy minister van justisie, Kobie Coetsee, gesprekke met Nelson Mandela in die tronk voer.
Mandela se aanhouding was toenemend ’n tameletjie vir die NP-regering. Wat as dié ikoon in die tronk sou sterf? Die land sou ontplof. Botha was desperaat.
Wedersydse respek ontwikkel mettertyd tussen Coetsee en Mandela, en die prisonier begin selfs sy eie vrylatingsproses grootliks bestuur.
Alles is hoogsgeheim.
PW Botha moes dit kon ontken as dit sou uitlek. Maar agter die skerms bou vertroue tussen die leiers van partye wat in die openbaar geswore vyande is.
Bekende skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self ten nouste betrokke by geheime onderhandelinge tussen die ANC en die NP-regering, vertel met medeskrywer Gerhard van Niekerk die verhaal van Coetsee en Mandela se “voorpunt”-diplomasie, waarsonder die 1994-oorgang nie moontlik sou gewees het nie.
Besonderhede
Datum: Saterdag, 24 November 2018
Tyd: 10:30 NM vir 11:00 NM
Plek: Protea Boekwinkel, Bergzicht Plaza, Andringastraat, Stellebosch | Map
Gasspreker: Martie Meiring
RSVP: stellenbosch@proteaboekwinkel.co.za