Die jonge Henning se dagboeke bied ’n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teëkom, is sy reaksies tipies van ’n jong man. Hy vertel egter ook van die swaarkry en verliese, asook sy skok oor die fusillerings waaraan hy moes deelneem. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans – wat eens sy speelmaats was – tereggestel word.
Die dagboeke bied ’n blik op die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, ’n generaal. Ná sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer ’n anti-oorlog pleidooi in ’n brief aan genl. Louis Botha.
In die laaste hoofstuk ondersoek die skrywer wat die Bittereinders sielkundig gemotiveer het en vra die kritiese vraag: moes hulle so lank met die guerrillastryd aangehou het?

Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer / deur Albert Blake — Tafelberg, 7 Junie 2012. — 272 p. ; sagteband. — ISBN 9780624053439 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer, Albert Blake
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)