Bokspronge – Goue oomblikke in Springbokrugby

Bokspronge – Goue oomblikke in Springbokrugby
Roekeloos
9 Maart


Almal onthou die Springbokke se groot wedstryde, die drieë en die glorie. Maar min mense weet wat werklik vooraf in spanpraatjies gesê is, watter musiek op die spanbus gespeel is en wat ná die tyd in die kleedkamers afgespeel het.

In Bokspronge – Goue oomblikke in Springbokrugby vertel sportskrywer Stephen Nell nie net die verhaal van Suid-Afrikaanse rugby se beste dae op die veld nie, maar lig hy óók die sluier op gebeure agter die skerms.

Hy gaan soek die stories by afrigters, spelers en beamptes, en gee lesers so ’n ryke en diepe blik in Springbokrugby. Aan die woord is, onder andere: Bryan Habana, Nick Mallett, Jake White, John Smit, Brendan Venter, Chester Williams, Gary Gold en wyle Louis Luyt.

Nell bring naas die interessante stories ook ’n nostalgiese glimlag oor die Springbokke se oorwinnings en gloriemomente sedert Suid-Afrikaanse rugby se terugkeer uit isolasie in 1992.

Ook beskikbaar in Engels: Springbok Glory – Golden Moments in the Modern Era.

Bokspronge
Bokspronge
Koop / Buy Bokspronge >> (sagteband)

Bokspronge – Goue oomblikke in Springbokrugby / deur Johann Nell — Tafelberg, 21 Oktober 2013. — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780624057444 : R 175.00

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply