Ontrouheid het nog altyd ’n bedreiging vir huwelike en verhoudings ingehou. En in die tegnologiese eeu waarin ons leef, het ’n nuwe vorm van ontrouheid sy verskyning gemaak: kuberontrouheid. In hierdie boek word daar juis hierna gekyk: mense wat doelbewus daarop uit is om in die geheim met ander mense kontak te maak deur SMS’e, e-pos en kletskamers as medium te gebruik alhoewel hulle reeds in verhoudings van een of ander aard is. Die databasis van AshleyMadison.com is gebruik om die uitwerking van hierdie tegnologiese hulpmiddels bloot te lê. Cyber Infidelity: The New Seduction / Marlene Wasserman — Human & Rousseau, 20 Junie 2016; 336 p. ; sagteband. — ISBN 9780798168533 Cyber Infidelity: The New Seduction, Bettie Blom, 07 Augustus 2015.

