In sy nuutste boek het Dana Snyman 100 van sy ware ontmoetings geboekstaaf – ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge – die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate.
Die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is nou hierin verwerk. ’n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.
Gespreksleier: Elmari Rautenbach
