#suidoosterfees Joanie Galant-hulle

Adam Small se toneelstuk is ‘n storie wat ons terug neem na die gedwonge verskuiwings wat tydens die Apartheid-era plaasgevind het.

Dit fokus op ‘n familie wat gedwing word uit hul huis in Woodstock en moes trek na die Kaapse Vlakte.

Hierdie storie skenk ‘n bekende gevoel aan ‘n mens: nie net is dit ‘n herinnering waarin ons geskiedenis lê nie, maar vra die vraag: Waar is ons eintlik tuis?

Die Galant-familie vind hulself in dieselfde situasie waar hulle drie keer verskuif word. Gedurende die verhaal verloor Joanie sig met die werklikheid en beland in ‘n inrigting.

Met Lauren Hannie, Shaun Smith, Obed Plaatjies

Regie Nolan Africa

Teks Adam Small

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R90
Plek: Kunstekaap Arena, Kaapstad
Datum: Donderdag 28 April 18:00-19:00, Saterdag 30 April 19:30-20:30

Suidoosterfees 2016

Joanie Galant-hulle,
Roekeloos,
21 April 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply