Maak nie saak wat jy van Danielle Steel (71) se werk dink nie, maar die vrou kan wérk.

Sy het reeds 179 boeke geskryf en werk 20 tot 22 uur per dag. As sy onder druk is om ’n boek te voltooi spandeer sy maklik 24 uur agter haar lessenaar. Al haar boeke tik sy op ’n standaard 1946 Olympia tikmasjien. Sy het haar eerste boeke geskryf, terwyl sy haar nege kinders grootgemaak het.

Sy hoop om agter haar tikmasjien dood te gaan.

Danielle Steel

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar