Liefde is die sentrale tema in die verhale in Die huis van die digter.
Liefde in Hennie Aucamp se werk vertoon ’n wye omvang en baie stemminge. Party verhale is snaaks, ander ontroerend, nog ander vreemd en geheimsinnig.
’n Waardevolle toevoeging tot Die huis van die digter is Aucamp se vertaling van “The Return from the Kloof” deur Joey Muller, ’n vergete meesterstuk, met ’n hantering van die bonatuurlike wat gelykstaan aan dié van Edgar Allan Poe.
In die elegiese sluitstuk “Waar die wolke middag maak” neem Aucamp finaal afskeid van die Stormberge van sy jeug, en word sy kontrei inderdaad “’n aandgesang”.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

8 Desember 2009
