Die reuk van koffie

Die reuk van koffie

Roekeloos

Koos Kombuis, kulturele guerrilla, is terug.

Met ’n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen Algemeen Beskaafde Afrikaans en pavement special patois, takel hy die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag.

Hierdie versameling is gekies uit ’n verskeidenheid skryfsels: rubrieke in koerante (meestal Rapport), artikels in tydskrifte en op webwerwe en – natuurlik – sy blogs. Een van sy nuwe leuses is immers: “Kom laat ons twit.”

Wat jy dus in dié bundel sal vind – in geen spesifieke orde – is Koos Kombuis se groot rugbygeheim (met verwysing na waar sy liefde vir kurktrekkers vandaan kom), ’n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren tot Eugène Terre’Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos-vakansies, skouers skuur met politici al dan nie (don’t braai for me, Jacob Zuma), en die eerste dag van sy menopouse.

Koos Kombuis is skerp, slim, satiries – en enig in sy soort.

Die reuk van koffie word op 1 Maart 2011 vrygestel.

Die reuk van koffie
Die reuk van koffie

Skrywer: Koos Kombuis
Kategorie: Kortverhale
Prys: ongeveer R 170.00
Formaat: Sagteband, 192pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply