Die staat teen Anna Bruwer

Die opvolg op Dis ek, Anna.

Wat hét met Anna gebeur die oomblik ná sy die sneller getrek het? Ná sy haar stiefpa wat haar soveel jare lank fisies en emosioneel verrinneweer het, vroeg een oggend in Bloemfontein in die oë gekyk, en toe geskiet het?

Agt jaar ná die verskyning van Dis ek, Anna neem Anchien Troskie aldus Elbie Lötter weer haar pen op, en skryf die opvolg. Hoe vra ’n mens vergifnis, en wanneer mag jy wraak neem? Dit is die vrae waarmee Anna – en ook die skrywer – worstel …

’n Skreiend eerlike roman oor Anna Bruwer se lewe ná die moord op haar stiefpa – ’n boek gevul met deernis, en eindelik ook hoop.

Die boek word op 16 April 2012 vrygestel.

Die staat teen Anna Bruwer / deur Anchien TroskieKwela, 16 April 2012. — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780795704123 :

R170

Die staat teen Anna Bruwer
Die staat teen Anna Bruwer

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Anchien Troskie, Elbie Lötter, Die staat teen Anna Bruwer, Kwela

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply