Donkerland

Donkerland
Roekeloos
23 Maart


Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte.

In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om ná maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die wel en wee van ’n ontluikende volk beleef: die Groot Trek, die stryd teen die Zoeloes, die Anglo-Boereoorlog, Groot Depressie, 1948-verkiesing, Grensoorlog, Soweto-opstande en die oorgang tot ’n demokratiese Suid-Afrika. Vir honderd agt-en-vyftig jaar leef die De Witts die triomf en die smaad van die geskiedenis op ’n enkele stuk grond uit; ná sewe geslagte begin dit deurskemer wat dit beteken om in hierdie aarde ’n hoekpaal in te slaan en ’n plaas af te tree.

Donkerland is die eerste aflewering in Deon Opperman se Afrikaner-trilogie.

Koop / Buy Donkerland >> (sagteband)

Koop / Buy Donkerland >> (eBoek – ePub)

Donkerland
Donkerland
Donkerland / deur Deon Opperman — Tafelberg, 20 November 2013. — 552 p. ; sagteband. — ISBN 9780624065241 : R 225.00

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply