Gabriel Garcia Marquez oorlede

Die skrywer Gabriel Garcia Marquez is 17 April 2014 oorlede in die ouderdom van 87 jaar in Mexiko.

Dié Colombiaanse skrywer was veral bekend vir sy roman Cien años de soledad (One Hundred Years of Solitude, 1967), waarvoor hy die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het in 1982. Sy baanbrekerswerk was in magiese realisme, ‘n unieke vermenging van die wonderbaarlike met die alledaagse op ‘n manier wat die buitengewone baie alledaags laat lyk.

Sy El amor en los tiempos del cólera (Love in the Time of Cholera, 1985) is sy ander uitsonderlike werk.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar