Verdeelde land: Hoe die oorgang Suid-Afrika faal
Roekeloos
20 April

Suid-Afrika is een van die lande met die grootste gaping tussen ryk en arm ter wêreld. Hoe het ons by dié punt gekom?

In Verdeelde land kyk Sampie Terreblanche na die historiese oorsake van die ongelykheid – en waarom dit sedert die ANC se bewindsoorname vererger het.

Terreblanche is uitgesproke oor die groot rolspelers wat die land se ekonomie vir hul eie gewin manipuleer ten koste van armes: Amerikaanse en Britse multinasionale maatskappye, die Suid-Afrikaanse minerale-energiekompleks en plaaslike politici.

Hy voorspel dat in die volgende 20 jaar die rykes nog ryker en die armes net nog armer gaan word – wat niks goeds vir Suid-Afrika se toekoms voorspel nie. ’n Belangrike waarskuwing en wekroep.

Verdeelde land
Verdeelde land

Verdeelde land: Hoe die oorgang Suid-Afrika faal / deur Sampie Terreblanche — Tafelberg, 3 Maart 2014 — 180 p. ; sagteband. — ISBN 9780624067399 : R 180.00

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar