Gesprekke met myself

Gesprekke met myself
Roekeloos
10 Augustus

Gesprekke met myself wil deur sy private argief die Nelson Mandela agter die persona vir lesers toeganklik maak.

Hierdie argief verteenwoordig die private geskrifte en gesprekke van Mandela, gerig aan óf homself, óf sy naaste vertrouelinge. Dis nie eerstens gemik op die behoeftes en verwagtinge van ’n gehoor nie. Hier is Mandela tydens vergaderings aan die notas maak, of sommer net aan die krabbel. Hier hou hy dagboek, teken hy sy herinneringe op, hou hy boek van sy gewig en bloeddruk, maak hy om-te-doen lysies. Hier dink hy na oor sy ervarings, delf hy in sy geheue, gesels hy met ’n vriend. Hier is hy nie die ikoon of heilige, ver buite die bereik van gewone sterflinge, nie.

Hier is hy soos ek en jy. Soos hy self sê: ‘In die werklike lewe het ons nie met gode te doen nie, maar met gewone mense soos ons: mans en vroue vol teenstrydighede, stabiel en wispelturig, sterk en swak, beroemd en berug, mense in wie se bloedstroom die miswurm daagliks terugveg teen kragtige plaagdoders.’

Koop / Buy Gesprekke met myself (sagteband) >>

Gesprekke met myself
Gesprekke met myself
Gesprekke met myself [teks] / deur Nelson Mandela — LAPA — 456 p. ; sagteband. — ISBN 9780799367461

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar