Spiders en Gyppoguts

Spiders en Gyppoguts
Roekeloos
9 Augustus

Piet Potgieter is ‘n nuwe gesig in Suid Afrikaanse Stand Up Comedy. Hierdie selferkende Kraaifonteiner kielie al vir oor die ses jaar die lagspiere reg oor Suid Afrika met sy eenmanvertonings.

In die nuutste toevoeging, Spiders en Gyppoguts, raak hy aan sy grootste vrese asook ‘n klomp goed wat hom warm onder die kraag maak. Daar is ook ‘n paar skreeusnaakse stories wat wissel van verdwaal in Gauteng (sies) to gym toe gaan in Kraaifontein.

Sy vrou en die honne is groot bron van komiese inspirasie en jy sal nooit weer dieselfde na Flaffie kyk as jy eers by hierdie vertoning was nie.

Piet seg hom soos hy is sonder om polities of platvloers te raak, maar daar kan ‘n kragwoord uitglip hier en daar, maar dit is min en selde en darem nie regtig in swak smaak nie.

Bring jou vriende familie skoonfamilie boereverening, rolbalklub, debatsvereniging, belastinbetalersvereniging en buurtwag en kom ontsnap van jou worries vir ‘n uur of wat. Hy belowe hy sal sensitief wees, maar as jou foon lui is dit net jou eie skuld.

Piet Potgieter
Piet Potgieter
Daar kan dalk self ‘n verrassende gaskunstenaar of twee wees.

Potgieter is Saterdag, 16 Augustus om 20h00 by die Ou Meulteater in die Paarl. Kaartjies kos R60.00. Bespreek by Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za .

Klein Karoo Klassique 2014

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar