Out of Africa

Out of Africa
Roekeloos
9 Augustus

Twee werke deur eietydse komponiste “uit Afrika”, Peter Klatzow en Hendrik Hofmeyr word uitgevoer.

Beide is verbonde aan die Universiteit van Kaapstad en beide tel onder die handjievol Suid-Afrikaanse komponiste wat internasionale erkenning geniet. Die program bestaan uit Klatzow se Concerto vir Fluit, Marimba en Strykers in drie bewegings (Molto Vivace, Poco Lento en Vivace) en Hofmeyr se Concerto vir Fluit, Harp en Strykers in drie bewegings (Allegro espressivo – Vivace, Andantina incantato en Scherzoso). Hofmeyr het hierdie werk in 2012 op versoek van Liesl Stoltz en Jacqueline Kerrod gekomponeer en dit is ’n voorreg dat hulle dit op Oudtshoorn kom uitvoer.

Met: Liesl Stoltz (fluit), Jacqueline Kerrod (harp), Frank Mallows (marimba), Farida Bacharova (1ste viool), Anna van der Merwe (2de viool), Renette Swart (altviool), Aristide du Plessis (tjello) en Brydon Bolton (kontrabas)

15 August • 11:00 • St Salvator Katedraal, Oudtshoorn • R 85 • 50 min

Klein Karoo Klassique 2014

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar