Die HAT-webwerf sluit op die 4de Augustus 2022. Volgens die uitgewer, Pearson, word die webwerf gesluit omdat die publiek nie juis daarvan gebruik maak nie. Die probleem met aanlyn-woordeboeke in Afrikaans is dat hulle nie bekostigbaar is vir die man op straat nie.
Alle komplimentêre toegangskodes tot die webwerf moet teen 4 Februarie 2022 geaktiveer word sodat die toegangsperiode ten volle gebruik kan word.
Die drukuitgawe van die HAT bly voortbestaan.
(Roekeloos.co.za het verskeie gratis Afrikaanse woordeboeke.)