Huilboek is Ryk Hattingh se eerste boek in negentien jaar.
Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand.
Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesê het, “Jy is mos die een met die hart.”?
Huilboek is ’n kragtoer.
Huilboek / Ryk Hattingh — Human & Rousseau, 15 April 2016; 160 p. ; sagteband. — ISBN 9780798172493
Huilboek,
Bettie Blom,
21 Augustus 2016.


Lewer kommentaar