Roekeloos
As Suid-Afrikaner wat in Engeland woon, het André Pretorius die geleentheid om plekke te besoek wat vir die meeste van ons net drome bly.
Hy laat ons deel in die soektog na ’n kelim in die mark van Marrakesj, in die nostalgie van Nobelpryswenner Orhan Pamuk se Istanboel, in die verhewe skoonheid van die St. Pieterskerk in Rome en in ’n bootrit op die magtige Irrawaddy-rivier in Birma gedurende die reënseisoen wanneer dit voel asof die waters van hemel en aarde versmelt.
Daar is ook vermaaklike oomblikke, soos wanneer hy aan ’n wynproe-cum-marathon in die Medoc-vallei deelneem (met voorspelbare gevolge) en wanneer hy met net ’n klein lappie as bedekking dit na ’n openbare bad in Boedapest waag.

2
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
