“´n Paar jaar gelede het ek tydens ´n onderhoud gesê dat ek nooit ´n outobiografie sal skryf nie, want my lewe is volledig opgebruik in my stories, essays, artikels, resensies, dagboeke en selfs toneelstukke. En nou bied ek tog iets aan wat verwant is aan ´n outobiografie, naamlik ´n mémorie, of eintlik ´n collage-memórie. Hier ´n herinnering, daar ´n flard herinnering; party gepubliseer, maar die meeste onlangs geskryf, soms op versoek van ´n redakteur. Maar my eintlike opdraggewers was herinneringe self. Wat al die essays bind, is dus persoonlike herinnering. Ek was teenwoordig by die dinge wat ek beskryf het; ek het die mense en landskappe en dinge in In die Vroegste aan die lyf ervaar. Wat is dié momente in my geval? Ek het gaan sit en ´n gedagte-web geteken soos ek studente so dikwels laat doen het, en hierby uitgekom: natuur, diere, ekologie, stap en rotskuns; mense wat ´ja´ sê vir die lewe; die Afirkaanse taal; stories, musiek, toneel, kuns; reis; erotiek; aanmanings van sterflikheid.”
Die skrywer Hennie Aucamp het verlede maand die mylpaal van 70 bereik.
In die vroegste het verlede jaar verskyn met ´n foto-bylaag. Die essays getuig van hoë lewenswaardes en plaas ´n hoë premie op Suid-Afrikaanse kultuurwaardes wat inspirerend werk.
Koop/Buy In die vroegste …
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)