Die oorledene is die seun van haar aartsvyand, Abraham Klink. Sonder advokaat of ooggetuies, met al die omstandigheidsgetuienis teen haar, moet Katryn voor die halsregter veg vir haar lewe. Sy het net één wapen tot haar beskikking: dat sy die waarheid praat, so heilig en so waar as wat net die waarheid kan wees.
“Meneer, ek verpes vir Abraham Klink soos ek die tkamma verpes wat my lammertjies kom vang. Ek verpes hom soos ek die koringluis verpes wat in ’n land inkom en alles opvreet solat jy nie ’n korrel oes nie. Ek verpes hom soos ek die knopiespinnekop verpes wat onder die koringgerwe inkruip en jou aan die vinger byt as jy daai gerf optel. Ek verpes hom soos ek die horingsman verpes wat in die voetpad lê en jou pik as jy daarlangs loop!”
♦♦♦

Katryn: Vrou van die Richtersveld / deur Jan Huisamen — Human & Rousseau, 4 November 2012. — 208 p. ; sagteband. — ISBN 9780798156462 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Katryn: Vrou van die Richtersveld, Jan Huisamen, Richtersveld
