Die jongste toevoeging tot Roekeloos.co.za se lys naslaanbronne is die Latyn – Afrikaans Woordeboek.

Al die Romaanse tale het hul oorsprong in Latyn, en talle woorde in moderne tale is gebaseer op Latyn. Omtrent 80% van wetenskaplike woorde in Engels wortel in Latyn.

Hierdie woordeboek is ’n bondige naslaanwerk vir Latynse woorde wat gereeld in die literatuur voorkom. Regstudente en –praktisyns sal hierdie woordeboek ook handig vind aangesien dit woorde en uitdrukkings bevat waarmee hulle gereeld te doen kry.

Die woordeboek het ’n beperkte omvang, maar dit word gereeld bygewerk, so as jy nie iets kry nie, gebruik gewoon ons soekgids vir die term en sodoende sal die woord outomaties gelys word vir vertaling.

Latyn – Afrikaans Woordeboek

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar