In ’n post-apokaliptiese, chaotiese wêreld heers sinnelose geweld.
Ampie, wat twee jaar lank onder ’n verekombers hiberneer het, betree dié surrealistiese nagmerrie bevolk deur mense wat óf alles vergeet het, óf nie aan hul herinneringe kan ontsnap nie. Sy suster, Duif, is verslaaf aan video’s en tee, en wag op die Kolonel; Mona is ’n sanger op soek na ’n orkes; Kruit Kruger verkoop bomme aan enigiemand wat bereid is om daarvoor te betaal; Baby, Kruit se vriendin, wat die geweld nie langer kan verduur nie, word deur een van sy bomme opgeblaas; die Kolonel slaap sy roes af in ’n park …
* Debuut *
Met: Frank Opperman, Hilda Cronje, e.a.
Regisseur: Gerrit Schoonhoven
Teks: Ryk Hattingh
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: 16 –
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R130 | R150 by die deur
Plek: Hoërskool Stellenbosch, Stellenbosch
Datum: 3 Maart 20:30, 4 Maart 9:30, 5 Maart 16:00, 6 Maart 20:30
Woordfees 2017
Sing jy van bomme
Sing jy van bomme
Roekeloos
3