Twee susters bestuur ’n herberg langs ’n rivierdrif wat tydens storms afkom en gereeld lewens eis.

Terwyl hulle probeer om die dwaalgeeste van almal wat daar verdrink het tot ruste te bring, leer ken ons die hipnotiseur Maestro en sy Ezmerelda wat oor betowerende kragte beskik.

Dié Hertzogprys-wenner is ’n klassieke drama wat die gehoor ontnugter, ontroer en meevoer.

Met: André Roothman, Ira Blanckenberg, Cintaine Schutte en Jane de Wet

Regisseur: Marí Borstlap

Teks: Reza de Wet
Klankbaan: Wilken Calitz

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R130 | R150 by die deur
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 8 Maart 11:00, 9 Maart 14:00, 10 Maart 18:00, 11 Maart 20:30, 12 Maart 10:00

Woordfees 2017


Drif

Drif
Drif

Drif


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar