Op St Helena – vol van hartepyn

 

Die oorlogskuns van Erich Mayer.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) in Oktober 1899 was die later bekende kunstenaar Erich Mayer nouliks ’n jaar lank in Suid-Afrika. Hy is in 1876 in Duitsland gebore, maar het hom weens gesondheidsredes in 1899 op die dorp Vrede gevestig.

Hy het, soos talle ander uitlanders, by die Boeremagte aangesluit. Na ’n paar maande is hy by Mafeking gevange geneem en na St Helena verban. Tydens die twee en ’n halwe jaar wat hy op dié afgesonderde eiland deurgebring het, het hy talle sketse en skilderye van die lewe van die krygsgevangenes op dié eiland – eens ook die tuiste van Napoléon Bonaparte – gemaak.

Erich Mayer is die enigste kunstenaar wat die lief en leed van die krygsgevangenes tydens die Anglo-Boereoorlog in soveel detail uitgebeeld het. Sy werk is dus ’n unieke kultuurskat.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Die kuns van Erich Mayer.
Die kuns van Erich Mayer.

7 Desember 2009

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Erich Mayer was my oupa, Erich Gutter se oom. My ma het vir my van Erich mayer vertel en toe ek haar vra hoekom ek en hy dieselfde naam het, het sy vir my gesê dat hy my oupa se oom was. Ek is nou 9 jaar oud.

  2. Ons het ook hierdie St Helena boek en vind dit baie interessant.

Lewer kommentaar

Leave a Reply