Suid-Afrikaners het nou toegang tot ’n spel- en koppelteken-toetsinstrument vir Suid-Afrika se 10 amptelike tale, Engels uitgesluit.

Hierdie hulpmiddel, bekend as die Spelling Checkers for South African Languages, is nou gratis beskikbaar om af te laai by die South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR).

Die speltoetser is ontwikkel deur die Centre for Text Technology (CTexT), gebaseer aan die Noordwes-Universiteit, en is vryelik aan die publiek beskikbaar gestel deur SADiLaR, befonds deur die Departement van Wetenskap en Innovasie (DSI), as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsing Infrastruktuurpadkaart (SARIR).

Afrikaans  |  isiNdebele   |   isiXhosa  |   isiZulu  |   Sesotho  |  Sesotho sa Leboa  |   Setstwana   |   Siswati   |   Tshivenḓa   |   Tsonga

Klik hier om af te laai

Lewer kommentaar

Leave a Reply