Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son.

Op Kylemor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaarman wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar saad. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – die enklawe wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want onverklaarde plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las.

Maar juis in en om Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime.

Stof, Alettie van den Heever se debuutroman, is toekomsfiksie vir vandag.

Stof / deur Alettie van den Heever — Queillerie, 10 September 2018 ; sagteband. — ISBN 9780795801594 : R 290.00

Stof
Bettie Blom
25 September 2018

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar