Tabernakel

Tabernakel

Roekeloos

Annelie Botes se gehoor gaan nie teleurgesteld wees in Tabernakel nie, inteendeel: sy gaan beslis nóg lesers wen.

Wat aanvanklik as rubrieke vir die koerant aangepak is (lewendig, tersaaklik, openbarend, baie interessant en soms effe stout) word nou verweef in ’n outobiografiese vertelling wat volg op die gewilde Sabbatsreis.

Dis ’n vlot relaas van die siels-wel en die siels-wee van ’n deurleefde middeljarige wat aanstap na haar diep-middeljare. Dis Botes-op-sy-beste in haar meenthuiskompleks in North Riding, Port Elizabeth. ‘n Heerlike gesels-op-papier wat ou én nuwe lesers gaan oorrompel.

Skrywer: Annelie Botes
ISBN: 9780624049258
Datum Vrygestel: 01 Oktober 2010
Prys: ongeveer R 180.00
Formaat: Sagteband, 264pp

Tabernakel
Tabernakel

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply