Brouhaha

Brouhaha

Roekeloos

brouhaha (‘bru:ha:ha:’) n a loud confused noise; commotion; uproar. [French, of imitative origin]

Eben Venter se Brouhaha-rubriek is by verre die gewildste in die Saterdag-BY. Sms’se van lesers stroom weekliks in: ‘Ek hou so baie van Eben Venter se Stoney-stories. Hy doen méér om begrip en selfs bewondering van die gehate Oz by ons rotsvaste ek- sal-nooit-emigreer-Suid-Afrikaners te vestig as enigiets of iemand anders.’ Ook: ‘Eben Venter se woordkuns is soos ‘n oase in die BY-woestyn.’

Geniet dié keur uit sy allerbeste Stoney-stories, ‘n handvol onverbeterlike resepte met sy verstommende Brouhaha-vertellings as bonus.

Brouhaha is nou in boekvorm beskikbaar op aandrang van die leserspubliek.

Skrywer: Eben Venter
ISBN: 9780624049043
Prys: ongeveer R 195.00
Formaat: Sagteband, 248pp

Brouhaha
Brouhaha

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Lewer kommentaar

Lewer kommentaar