Hegter

‘Liefde en seks is soos politiek: dit nie wat jy sê of bedoel wat saakmaak nie, maar wat jy doen …’

Enigiemand wat al lief gehad het of daardie liefde verloor het, enigiemand wat al onegtheid ervaar het of voel hoe ’n liefde vervaag, sal – soos ’n vuis in die maag – soveel van hierdie aspekte in Hegter (Closer van Patrik Marber) herken.

Patrick Marber is ’n Britse dramaturg. Sy tweede toneelstuk Closer het in 1997 by die Royal National Theatre geopen waarna dit verskeie vername teatertoekennings verower het o.a. die Evenings Standard Award vir beste komedie. In 1999 open Closer op Broadway en wen die New York Drama Critics’ Circle Award vir beste uitheemse toneelstuk.

Regie: Andre Stolz
Vertaling: Gerben Kamper
Dekor en kostuumontwerp: Danie en Danette van Rensburg
Rolverdeling: Emile Hager – Larry; Danie van Rensburg – Dan;
Donae Jooste – Alice en Greta Pietersen – Anna

Woordpoort 2010

Lewer kommentaar

Leave a Reply