In hierdie produksie van die tweestuks Mathys Roets en Danie Niehaus, word die vrou se prominente rol in die samelewing deernisvol besing.
Die twee gewilde sangers neem konsertgangers op ‘n musikale liefdesreis deur verskillende verrassende genres. Hoe kan ‘n man sy gevoelens beter uitdruk as deur musiek en hoe vind ‘n vrou groter bevestiging en waardering vir haar vrouwees as juis deur dit wat die lied wil verwoord?
Die vertoning is ‘n sameflansing van liedjies wat op albei kunstenaars se jongste cd’s verskyn.
25 Sept
15h00
80 min
R130
Hoërskool La Rochelle, Paarl