Boo! is terug

Boo! het in 1997 in die agterstrate van die vuil Brixton, Johannesburg begin.

Boo se stigterslede Ampie Omo, Chris Chameleon en Leon Retief het besluit om musiek te maak wat teen die konvensie van die tyd is. Eers het hulle name oorweeg soos “Yello Lilo” en “Die Wit Ding Wat in Die Pad Lê”, maar dit was Chris se droom om op te tree terwyl ‘n stadion vol mense hulle plesier te kenne gee, deur die band uit te boo. Hoewel die naam enige negatiewe terugvoer neutraliseer, was dit darem ook nog nooit nodig nie, want Boo! het nie net een van Suid-Afrika se gunsteling bands van alle tye geword nie, maar was ook ‘n trotse uitvoerproduk na Europa en Noord-Amerika.

Boo! het ‘n reuse “cult” gevolg opgebou met meer as 800 optredes in 17 verskillende lande. Hulle beskryf hul musiekstyl as “monkipunk” en dit het beslis uitgestaan toe hulle by talle Europese en Amerikaanse feeste opgetree het saam met onder andere White Stripes, Limp Bizkit, Slipknot, Franz Ferdinand, Smashing Pumpkins, Cypress Hill, Placebo, Coldplay. Boo! ontvang ook ‘n South African Music Award (SAMA) in 2002 vir ‘Beste Pop Album’.

Die band se klank bestaan uit baskitaar, dromme, blaasinstrumente, klawerbord en perkussie. Let op- geen kitaar nie. Ten spyte van hierdie vreemde musikale verwerking het Boo! die nommer een plek op 5FM se top 40 met “Stagefright” behaal en ‘n nommer twee posisie met “OOAA”. Alles te danke aan die “gesig” van Boo!, Chris Chameleon, se uitsonderlike musiek skryf talent.

Dis 2010 en Boo! is terug met ‘n verandering in kleredrag en dromme. Riaan van Rensburg neem oor by Princess Leonie. Die album wat opgeneem is in Amsterdam versinnebeeld die musikale en emosionele “streke” van hierdie Suid-Afrikaanse legende.

Boo! is terug met ‘n … Boo! En daai ietsie wat die afgelope paar jaar gemis is in die Afrikaanse musiekwêreld is hard en duidelik: Boo!

Chris Chameleon
Chris Chameleon

Lewer kommentaar

Leave a Reply