Die groot Suid-Afrikaanse novel is hier. ´n Sweterige, spekskieterige gedoe oor ´n God wat meer lyk na Ozzy Ozbourne as na ´n bebaarde Oupa.
In The Secret Diary of God, word Koos Kombuis se God nie net geterroriseer deur rugstekers, skreeulelike dinosourusse en manlike menopause-skete nie, maar swig hy voor wyn en die sjarme van sy sekretaresse Mary …
Jy besef seker teen hierdie tyd dat jy steeds te doen het met die ou Koos Kombuis. Die platjie wat ´n sak sci-fi gaan opeet het. En in hierdie boek sy ou Eikestad-vellies verruil vir ´n paar Douglas Adams-trappers. Maar kom ons vertel jou ´n geheim. Kombuis se God is ´n rock-en-roll ene, wat ´n opvlamming van belangstelling in die Bybel gaan veroorsaak. Vir mense bokknieë-van-bid gaan gee, en die aangesig van die Suid-Afrikaanse boekbedryf verander. Soos ´n Big Bang.
