Dixie speel wedding planner terwyl sy eintlik dink die huwelik is ‘n siek grap, en dat alle mans losers is.
Haar ware liefde het weggekom en sy nuttelose plaasvervanger het haar sonder seremonie voor die preekstoel gelos …
En nou moet sy ‘n asemrowende troue reël vir ‘n stunning supermodel, Vicky Vermaak, kompleet met ‘n dekadente koek en als (aangesien troukoek mos nie vet maak nie). Maar Dixie loop rond met ‘n geheim. Gaan die regte man met die regte vrou trou?
Troukoek maak nie vet nie / deur Kristel Loots — Tafelberg, 2011. — 224 p. ; sagteband. — ISBN: 9780624053545
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

