Bruce Almighty

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: Jim Carey, Jennifer Aniston, Morgan Freeman, Tony Bennett
Regisseur: Tom Shadyac

“And you will know my name is the Lord, when I lay my vengeance upon you” sê Samuel L. Jackson se karakter in Pulp Fiction. Wel, as ek ‘n aandeel gehad het in Bruce Almighty sou ek gekoes het, want iemand kan dalk wraak neem dat dit gons.

Bruce is ‘n verslaggewer wat verveeld is met sy werk, die lewe en sy meisie. Na hy sy werk verloor blameer Bruce die Oubaas (Morgan Freeman) vir al sy probleme. Die Oubaas se reaksie; kyk of jy my werk beter kan doen.

Daar is ‘n magdom van rigtings wat die storielyn hiervandaan kan inslaan, maar die film verval ongelukkig in die beoefening van venynigheid.

Teleurstellend!

3/10


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply