Bryce Courtenay oorlede

Die Suid-Afrikaans gebore skrywer Bryce Courtenay is in die ouderdom van 79 oorlede. Hy het Donderdagaand by sy huis in Canberra, Australië, gesterf weens kanker – twee weke nadat sy jongste roman, Jack of Diamonds, gepubliseer is.

Courtnenay het tot 12 uur per dag geskryf en het meer as 20 miljoen boeke verkoop. Sy eerste roman, The Power of One, wat handel oor ‘n kind wat tydens apartheid in Suid-Afrika grootgeword het, was ‘n treffer en meer as agt miljoen eksemplare verkoop. Die storie is ook tot ‘n rolprent verwerk.

Lewer kommentaar

Leave a Reply