Charlie’s Angels: Full Throttle

Met: Demi Moore, Drew Barrymore, Cameron Diaz en Lucy Liu

Charlie’s Angels: Full Throttle speel soos ´n oopketel musiekvideo, net klein stywe boude en borste waar jy kyk.

Die storie handel oor ´n vrot-engeltjie wat ons heldinne wil verhoed om die wêreld van een of ander addergebroedsel te red. Nie dat jy ooit omgee wat die storielyn is nie.

Maak jou reg vir ´n film waarvan omtrent die helfte in stadige-aksie afspeel. Die spesiale effekte lyk halfgebak, maar soos gewoonlik lyk die meisies pragtig in hul uitrustings wat hulle aanhoudend verander.

Goed, sleg? Wie gee om! Daar is genoeg vir die oog om die kaartjie die moeite werd te maak.

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply