Inskrywings oop vir 2014 Silwerskermfees

Is jy ‘n aspirante filmmaker of soek jy ‘n platform vir een van jou reeds bestaande kortfilms? kykNET bied weer hierdie jaar die geleentheid om die opbloei in die Suid-Afrikaanse filmbedryf te vier tydens die Silwerskermfees.


Die Silwerskermfees het homself die afgelope 4 jaar gevestig as ‘n gerekende fees in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Die fees beoog nie net om groter blootstelling aan Suid-Afrikaanse rolprente te gee nie, maar skep ook die geleentheid vir gevestigde rolprentmakers en aspirante filmmakers om tydens die fees in gesprek te tree. Dit is deur hierdie geleentheid dat die Silwerskermfees streef om innoverende samewerkings tussen kunstenaars aan te moedig en so die voortbestaan van Suid Afrikaanse film koester.

Die fees moedig enige passievolle rolprentmakers aan om in te skryf met nuwe voorstelle vir kortfilms of van die geleentheid gebruik te maak om bestaande werk groter blootstelling te gee.

Films wat aanvaar word, word tydens die fees vertoon en sal later die jaar ook op verskeie DSTV-kanale uitgesaai word.

Die fees vind hierdie jaar weer plaas in Kampsbaai vanaf 27-30 Augustus.

Inskrywings vir kortfilms en bestaande werke is nou beskikbaar en die vorm kan op die Silwerskermfees webblad afgelaai word by; http://kyknet.dstv.com/category/programme/silwerskermfees/

Silwerskermfees
Silwerskermfees

Lewer kommentaar

Leave a Reply