Nanny McPhee

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Regisseur: Kirk Jones
Met: Emma Thompson, Colin Firth en Angela Lansbury

Indien jy ooit gedink het daar is nie hoop vir daai familielid van jou se onstigtelike kinders nie, dink weer. Nanny McPhee is die antwoord op elke vloermoer en elke klein demoontjie.

Die kinderoppasser Nanny McPhee se hulp word ingeroep om na ‘n wewenaar se stout bloedjies om te sien. Die arme man moet boonop binne ‘n maand trou om sy nare ntie se finansiële ondersteuning te onderhou. Om alles te vererger val sy oog natuurlik op die verkeerde vrou, gepas genaamd Mrs. Quickly.

Emma Thompson toon haar staal as een van die beste aktrises van haar tyd. Sy vertolk die rol van Nanny McPhee briljant met die minimum dialoog. ‘n Snork hier en ‘n dodelik staar daar laat jou onwillekeurig terugdink aan daai nare laerskooljuffrou met die snor.

Hier en daar is daar te veel van dit en te min van dat, maar hierdie gaan heel moontlik die beste kindervermaak van 2006 wees.

7 / 10

ps. Dis natuurlik ook vir grootmense.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply