Patrick Swayze 1952 – 2009

Die Amerikaanse akteur Patrick Swayze is gister oorlede op die ouderdom van 57, amper twee jaar nadat hy met pankreaskanker gediagnoseer is.

 

Patrick Swayze is in Houston, Texas gebore as Patrick Wayne Swayze op 18 Augustus 1952. Sy ma was ‘n choreograaf en eienaar van ‘n balletskool waar hy sy eerste tree in die danswêreld gegee het. Hy het later formele balletopleiding ontvang by die Harkness Ballet School en Joffrey Ballet School in New York.

Hy het beroemd geraak na sy rol as dansinstrukteur in die film Dirty Dancing in 1987. In 1990 was hy weer in die hoofrol van ‘n treffer genaamd Ghost.

Sy eerste rolle was in The Outsiders (1983) en Red Dawn (1984). Ander hoofrolle sluit in Point Break (1991) en To Wong Foo, Thanks for Everything! Julie Newmar (1995). Hy was ook in Donnie Darko (2001) en Powder Blue (2009).

Sy familie was langs sy siekbed toe hy gesterf het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply