Ricardo Montalbán, volle naam Ricardo Gonzalo Pedro Montalbán Merino, was ‘n Mexikaanse akteur wat internasionaal bekend geword het met sy verskyning in Star Trek II: The Wrath of Khan in 1982.
Toe Montalbán destyds in Hollywood aangekom het wou die rolprentmaatskappy sy naam verander na Ricky Martin (Die popsanger se regte naam is Enrique Martín Morales). Hy het geweier en daarin geslaag om roem te verwerf onder sy eie naam.
Aanvanklik is Ricardo Montalbán gebruik in rolle van Asiatiese karakters. Een so ‘n rol was die van Nakamura in die bekende Sayonara (1957). Aan die einde van sy loopbaan het hy meer as 160 rolle vetolk op TV en in rolprente. Sy rol in die TV-reeks How the West Was Won het aan hom ‘n Emmy-toekenning besorg in 1978.
Ander bekende films waarin Ricardo Montalbán verskyn het was The Singing Nun (1966), Escape from the Planet of the Apes (1971) en Conquest of the Planet of the Apes (1972). Sy laaste rol was ‘n stemvertolking in The Ant Bully (2006).

Hy is tuis oorlede by sy huis in Los Angeles op die ouderdom van 88 jaar. Die oorsaak word toegeskryf aan komplikasies veroorsaak deur ouderdom.
