Roekeloos
Robin Hood het sy boog se draad al voos getrek op die silwerdoek, maar selde so aanskoulik soos in Ridley Scott se weergawe.
Die storie is baie meer kompleks as gewoon die van struikrowers wat rykes beroof om vir armes te gee. Ons stap die pad saam met Robin die kruisvaarder wat besluit om op te staan teen die korrupte owerheid. Scott sorg dat ons nooit die storielyn verloor of wonder oor Hood se motivering nie.
Russell Crowe is uitstekend in sy rol as kampvegter vir die onderdrukte. Ridley se karakter het substansie en die held bly mens. Dit is ook selde dat mens sien dat al die akteurs werklik hul kant bring.
Doen jouself ’n guns en neem kennis daarvan dat hierdie nie net nog ’n Robin Hood fliek is nie. Die film staan soos ’n paal bo water tussen die afgelope tyd se flou superhelde en chick flicks.
Robin Hood is beslis hierdie winter se grootste skouspel.
Regisseur: Ridley Scott

Met: Russell Crowe, Cate Blanchett, Max von Sydow, William Hurt, Danny Huston, Eileen Atkins, Scott Grimes & Alan Doyle
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
4 / 5
