#SOF Abraham

Jans Rautenbach se Abraham vertel die storie van ’n beeldhouer van Vlakteplaas naby Oulap; Rautenbach se blyplek.

Die hoofkarakter, ’n beeldhouer, probeer ’n jong Rautenbach beïndruk met sy kuns, met verreikende gevolge.

Rautenbach se eerste film in meer as 30 jaar is sy mees persoonlike film: ’n uiters sensitiewe en roerende blik op mense aan die rand van die samelewing, die krag van die kreatiewe proses, die versugting om gehoor te word en menslike verhoudinge in al hul skakerings. Dit is ’n liriese blik op die drome van die kunstenaar te midde van ’n ongenaakbare werklikheid.

Met onder andere Dann-Jacques Mouton, Hannes Muller en Franci Swanepoel.

Kaartjies: R 30
Plek: Kunstekaap, Kaapstad
Datum: 3 Mei 2015

Abraham,
Roekeloos,
16 April.

Suidoosterfees 2015

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply