Something’s gotta give

Met: Jack Nicholson, Diane Keaton, Keanu Reeves, Amanda Peet, Jon Favreau & Frances McDormand
Regisseur: Nancy Meyers

Die sedelessie van Something´s Gotta Give? ´n Ou hond kan nuwe truuks leer.

In kort loop die storie so. Jack Nicholson en sy jong meisie (Amanda Peet) kuier by haar ma (Diane Keaton) vir die naweek. Jack se hart gee moeilikheid en die plaaslike dokter (Keanu Reeves) moet kom kyk. Die dokter stel meer in Diane belang as in Jack se hart. Jack en Diane beland dan uiteindelik saam in die bed.

Nancy Meyers is beide regisseur en skrywer van die een. Haar karakters se tonge klap soos swepe, maar die idees wat hulle rondgooi kan ten beste beskryf word as oulik. Dalk alles net dialoog vir Jack en Diane.

Jack Nicholson en Diane Keaton neem ook bietjie oor. Die res van die rolverdeling kan nie eintlik ´n merk maak nie.

Aan die einde is dit maar goed Jack en Diane neem oor, want dit is die beste ding van hierdie fliek. Sonder hulle sou dit ´n treurige spulletjie gewees het.

6/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply