The Boers at the End of the World / Boere op die Aardsdrempel

Boere op die Aardsdrempel handel oor ’n klein groepie Afrikaanssprekendes in ’n afgeleë gedeelte van Patagonië in Argentinië wat daar ’n nuwe bestaan begin het na die Anglo-Boereoorlog.

Meer as 100 jaar later het hul kultuur begin verval en die gebruik van Afrikaans stelselmatig agteruitgegaan. Die aangrypende dokumentêr fokus op die laaste dae van hierdie Afrikaanse gemeenskap en een ou oom se hartsverlange om weer Suid-Afrika te sien.

Boere op die Aardsdrempel is deel van vanjaar se program vir die Indie Karoo Film Festival. Die fees vind plaas in Prins Albert vanaf 29 Junie tot 3 Julie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar