United 93

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Regisseur: Paul Greengrass

Anders as die gemiddelde Amerikaner het ek begrip vir die haat wat sommige groepe jeens die Amerikaners koester. Ek het met ‘n oop gemoed United 93 gaan kyk – en ek het gesukkel. Paul Greengrass het ‘n meesterstuk gemaak wat my ongelooflik bedroef gelaat het.

Vir die wat nie weet nie: United 93 was die een vlug op die 11de September wat nie die beoogde teiken gehaal het nie. Die film is ‘n dokudrama van die gebeure daardie dag.

Regisseur Paul Greengrass laat jou kliphard wens vir ‘n Hollywood einde. Jy weet wat gaan gebeur, maar jy wens. Dit is wat hierdie film so goed maak. Jy wat in jou stoel sit en weet wat die uiteinde van die storie gaan wees in teenstelling met die karakters wat salig onbewus deur hul passies gaan.

Ook het jy oneindige respek vir die mensie op die vlug daai dag. Hulle kon die kloutjie by die oor bring en het werklik ‘n opoffering gemaak.

Die akteurs wat die passasiers moes uitbeeld het elkeen saam met die betrokke families gewerk om die persone op die vlug reg tot gestalte te kon bring. En moet nie verwag dat die kapers karakterlose bad guys moet wees nie. Menslikheid seëvier hier.

Hierdie film is geensins sensasioneel nie, net verskriklik ontstellend en baie goed.

8 / 10

bydrae: JM

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply