Met ’n onlangse kragtoer-seisoen in Brittanje agter hom keer André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur terug na Suid-Afrika om te verfilm aan sy nuwe televisiereeks, Skaterlag met André. André is op soek na jong vrywilligers wat nie skaam gaan wees om pret op die verhoog te hé nie. Skaterlag met André word by die New Orleans Teater by Carnival City vefilm van 18 – 28 November 2024. Persone (mans en dames) wat belangstel om deel van die televisiereeks te wees, is welkom om vir Monica Booysen te skakel of ‘n epos te stuur aan info@lefra.com Vul asseblief ook die volgende aanlyn vorm in: https://tinyurl.com/vrywilliger Kaartjies vir hierdie vertonings is ook beskikbaar by www.LTickets.co.za of 0118153000.
Skaterlag met André, sal op VIA (kanaal 146 op DSTV) te sien wees vanaf Januarie 2025.