Weyers en Prinsloo weer saam op grootskerm


Die Suid-Afrikaanse film Twee grade van moord, wat op 22 Julie 2016 in fliek teaters landswyd open, sien vir die eerste keer in dekades die geliefde akteurs, Sandra Prinsloo en Marius Weyers, weer saam op die grootskerm.

Die film speel af in die Kaap met die bekende regisseur, Gerrit Schoonhoven, aan die stuur daarvan.

Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), is ‘n bekende Kaapstadse sielkundige met ‘n topverkoper boek, Liefde maak nie seer nie, wat haar intellektuele standpunt oor die liefde onderskryf, alhoewel haar lang en gelukkige huwelik met Ben (Marius Weyers) dit weerspreek. Hul enigste kind, Christiaan (Roelof Storm), was geforseer om in sy grootword jare baie staat te maak op die liefde van sy “tweede Ma”, die lojale huiswerker, Fy Abrahams (Shaleen Surtie-Richards).

Aleksa onderneem om deel te wees van ‘n dokumentere realiteitsreeks waarin daar gefokus word op haar terapeutiese werk onder vrouens wat liefde met pyn verwar en een van haar pasiënte, Tanya Basson (Hilda Cronje), stem in om die proef-konyn te wees.

Ben kry ‘n masiewe hartaanval en Tanya kom terselfdertyd by Aleksa se huis aan met die nuus dat sy haar kêrel tydens ‘n geweldadige argument vermoor het. Aleksa besef dat sy Tanya se emosionele toestand heeltemal onderskat het en op dieselfde tyd deel Ben haar mee dat hy ‘n belangrike besluit oor sy eie toekoms en lewe gemaak het.

Soos wat die verhaal vorder word Aleksa geforseer om haar eie integriteit te bevraagteken en ook haar bereidwilligheid oor wat sy sal op offer vir die vir wie sy lief is. Op die ou einde moet sy die vraag antwoord: “Wat sal die liefde doen?”

“Prinsloo en Weyers as twee talentvolle akteurs wat skyn in hierdie komplekse rolle om die ware en moeilike natuur van liefde op die silwerdoek te vertolk”, sê Helen Kuun, Besturende direkteur van Indigenous Film Distribution.

Vervaardiger Barry Strick sê: “Hulle het in nog net vier films saam verskyn, waaronder die bekende The Gods Must Be Crazy in 1981. Die laaste keer wat hulle saam in ‘n film gespeel het was in 1989, wat Twee grade van moord ‘n langverwagte reünie van die twee uitmuntende akteurs maak, ‘n mylpaal in Suid-Afrika se filmgeskiedenis”.

Sandra Prinsloo se verhoog en film loopbaan strek oor dertig jaar. Gedurende hierdie tyd het sy hoofrolle in meer as 100 verhoogproduksies, agt vollengte films en talle televisie produksies vertolk. Sy het ‘n reputasie as ‘n uitstaande aktrise in baie lande oorsee, insluitend Engeland, Frankryk, Duitsland en die Verenigde Nasies. De Kat tydskrif het Prinsloo genoem as een van die honderd mees invloedrykste mense in Suid-Afrika en sy het ook die toekenning vanaf die Akademie vir Kuns en Wetenskap ontvang vir haar lewenslange bydrae to teater in Suid-Afrika. Meer onlangs het sy ook haar eie geselsprogram Sandra op ‘n Drafstap op kykNET aangebied, waartydens sy met prominente Suid-Afrikaners onderhoude voer.

Marius Weyers is een van Suid-Afrika se mees bekende en geliefde akteurs. Sy uitstaande optredes op die verhoog en in films het hom volksbesit gemaak, in Suid-Afrika sowel as oorsee. Hy het reeds in meer as vyf-en-dertig vollengte films en een honderd teater produksies opgetree. Sy vollengte film krediete sluit in: Warner Bros se Blood Diamond (Edward Zwick), Catch a Fire (Phillip Noyce), Red Dust, Stander, en moontlik sy bekendste Suid-Afrikaanse rol, in Katinka Heyns se film Paljas. Hy het talle toekennings gewen en is ook vereer met ‘n Medalje van Eer vanaf die SA Akademie vir Kuns en Wetenskap vir sy bydrae tot teater.

Die fliek sluit ook ander plaaslike gunsteling akteurs in soos Shaleen Surtie-Richards, welbekend vir haar hoofrol in die 1988 vollengte film Fiela se Kind en as Ester (Nenna) Willemse in the M-Net sepie Egoli: Plek van Goud.

Twee grade van moord is vervaardig deur Barry Strick van Inverse Films en Full Faculty Films in samewerking met Waterfront Film Studios en die Department van Handel en Nywerheid. Die fliek word versprei in Suid-Afrika deur Indigenous Film Distribution.

Marius Weyers en Sandra Prinsloo in Twee grade van moord
Marius Weyers en Sandra Prinsloo in Twee grade van moord

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar