Alliterasie, assonansie, simboliek en rymelary. Leer so vinnig soos blits om gedigte te skryf wat roer, vermaak en verlei.
Bring die gedig of drie wat in jou laai lê, of kom met jou skoon lei en word touwys gemaak deur die bekende digter Danie Marais en prof. Bernard Odendaal, direkteur van die ATKV-Skryfskool en verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, om van ’n gedagte ’n gedig te maak. Getalle word beperk – moet dus nie dié eenmalige
geleentheid misloop om jou kreatiwiteit uit te leef nie.
Aangebied deur die ATKV, in samewerking met Clover Aardklop.
Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 3 uur
Kaartjies: R 120
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 6 Okt. – 14:00
ATKV Blits-gedigte-werkswinkel,
Roekeloos,
24 Augustus 2015.